Maandag 14 November 2016

toekomslied

boereseun van die berge
van stoere boere bloed
aan my vaderland getrou
bly ek tot ek moet sterwe
geen prinse van nêrens af
of konings van verre
buig ek my knieë voor
gasvry en beleefd is ek wel

godsvresend lewe ons saam
ons geloof altyd sterk
daarom bly ons altyd so
getrou aan ons hemel heer
want hy sal oor ons regeer
ons sy diensknegte ja
buig ons, ons knieë voor
onse vader van ons volk

luid sal ek die trompet blaas
klanke van my hart sing
volksliedere van weleer
respekvol ons herkoms eer
ons leiers grootmaak en leer
om die pad te wys ja
vurig en braaf te wees
vir ons volk en vaderland

helder toekoms wink vir ons
ons moet net slimmer werk
elkeen sy eie merk maak
sonder om terug te staan
sekuur ons skote afvuur
ons doelwitte bereik
saam die toekoms ingaan
oë rig op voortbestaan

 refrein
my hart se lied van die berge
vuur my aan vir ons bestaan


© Teàrlach

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking