Maandag 14 November 2016

die heuwels dans

onder drommel aarde dreun en brom
yskaste ratel – koppies en pierings raas
prente val van mure af en oral gil bure
dis dan nog donker man – wat gaan aan
aanhoudende getjommel tot my ore tuit
opstaan mense – opstaan – gaan gou uit
hardloop sommer dadelik - vlug rante toe
aarde het gebewe – water spring dalk hoog
sorg dat julle ver en hoog eers gaan staan
voorskokke – naskokke – so gaan dit aan
ons arme huise tuimel en val inmekaar
so dreun aarde en verdwyn soms
onder jou uit – sewe-komma-agt
op richterskaal is nogal erg
hoop boet-en-sus is veilig
daar ver in kiwi-se-land
darem ook onder
Skepper se
hand


©Teárlach

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking