Maandag 14 November 2016

hy kom weer

kom hy op die wolke
kom hy uit die hemel
sien hy my ook raak
waar ek getrou waak

koor:
ja hy sal my raaksien
waar ek hom nog dien
tussen al die sondaars
sy oes dalk maar skaars

sien hy almal wat leef
sien hy almal wat beef
hoor almal wat hoor hom
ook wat doof is of stom

koor:
ja almal sal hom sien
ja almal sal hom hoor
hy hoor jou in gebed
jy is lank reeds gered

bring saam die kinders
vlieg saam soos flinders
prys hom met vrolik gesang
eer hom met liefdes drang

koor:
ja kinders sal hom sien
sonder aarsel hom ook dien
hy sal hulle nader bring
terwyl engele hom besing




© Teàrlach


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking