lig in die lug
in die aanloop tot
oggendstond
lê my duin in grys stilte
gehul
gister se spore op die
strand
weg gespoel deur hoogwater
meeue kuier heen en weer
op vroeë oggend briesie
hier agter my duin
kekkel eerste fisant
so lekker om son te sien
wanneer sy eerste skelm
strale
die baai begin verf met
oranje geel
sulke skelle strale wat
skietend verkleur
hoe later hoe meer wit en
helder
tot dat die son se magiese
groot oranje bal verskyn
en in skitter wit
verblink
©Teárlach