roepstem
beierende klokke
roep gelowiges op
klanke weergalm suiwer
teen duine-rante en oor
die see
teen die strand-kant
antwoord meeue
slangnekke ruk vervaard
hulle koppe
asof ru uit son-slaap
versteur
rustige deining in baai
weerspieël sonstrale
ver oor horison
staan ertsboot
hoog en leeg
met boeg
teen
die
wind
op
land
dobber
daar
ook
‘n
kind
©Teárlach
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking