kejaten - boskoors
ligvoet stap ek in die
sand
letaba rivier se droë
bedding
geweer aan sy band oor
my skouer
bruin klere en
misgevryfde vel
rooibokmis fyn gevryf
vervang mens-reuke
so stap ek en hy
tot tussen trop
rooibokke
sak ons
op grond
en soek regte
bokkie uit
klap skoot dan
sak hy net daar neer
geen gekwes of
bloedspoor
net daar word hy gevlek
en op skouer gelaai
nooit gemors
net vir pot
vandag
skiet
ek
met
my
lens
en
kan
net
maar
verlang
na vars lewer
op kole in die bos
©Teárlach
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking