deining
soos golwe loop die
windjie se spoor
suisend en ruisend deur
duine-gras
vrede in rustige
groeiende plante-prag
ondergrond is klam en
moet seisoen dra
voorbereid vir harde
somertyd van son
winter-reën nou bykans
verby gegaan
karige bestaan’s verhouding
met binneland
maar ewige mooi
vetplante-ryk van kleure
soos hierdie weskus-veld
is my siel verryk
met vriendskap –
minsaamheid – opregtheid
deinende bestaan van
see-temperature en vis
geduldig wag alles en
almal op regte tekens
tussen-in dwaal daar
paar duwweltjies rond
wat nêrens inpas en
spoedig geskoffel word
©Teárlach
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking