Gedagtes en Drome van Charles Skeen


                                                  Gedagtes en Drome van Charles Skeen


1 opmerking:

  1. My Afrikaans.
    Baie dankie vir die wonderlike voorreg om as Ambassadeur vir Afrikaans te kan dien.
    Net so ietsie oor wie ek is.
    Komende van half skotse en half bittereinder voorvaders was my kleintyd hoofsaaklik gerig op onafhanklikheids wording. Geskool en geskaaf uit militêre huis en Laerskool Louis Leipoldt (Nog steeds my digters held) en die Lytteltonse Hoêrskool (Nou Centurion Hoërskool) het ek moes hard werk om net ‘n merk te maak. Later se ervaring by Normaal Kollege Pretoria om onderwyser te word en te gaan geld verdien in ‘n wonderlike beroep sonder inkomste, het my verder geskool vir die harde korporatiewe wêreld daarbuite. Alles in Afrikaans. My moedertaal, my trots en my passie tot vandag toe. Daarom die deelname aan Facebook se blaaie as digter, skrywer en administrateur. Volgens hedendaagse norme die “Coolste oupa op Facebook”. (Nie my benaming nie.) My verdere passie is om vandag die Bybel aan soveel mense as moontlik te bring in Afrikaans (soms ook ander tale as die aanvraag daar is). Dit is waar ek nou is, afrikaans in murg en bloed, trots daarop.
    Afgetree en woon gelukkig getroud na 47 jaar se liefdevolle huwelik in Lampiesbaai, St Helenabaai, Weskus, Wes Kaap.

    AntwoordVee uit