Bundels Ongepubliseer

1 opmerking:



  1. Gedagtes
    Van
    ‘n
    Man





    Inhoudsopgawe
    Gedigte oor:

    1. My land

    2. Liefde

    3. Die Natuur’

    4. Geestelik

    5. Sosiale Gewete








    Voorwoord:


    Gedagtes van ‘n Man, is gebore uit die vrug van die kreatiewe gees van die skrywer, wat eers op ‘n laat stadium in sy lewe sy hand op papier begin sit het. In sy eie stem kan die gedagtes wat in hierdie bundel uitgespreek word gesien word as:
    super incudem percuties (soos ‘n hamer op die aambeeld)

    ka-tienk ka-tank
    klink die klanke op
    as die hamer die rooiwarm
    yster ontmoet en hervorm
    soos die vuurwarm staal
    gevorm word terwyl
    dit sag is in hitte
    so vorm die
    woorde
    van
    die digter
    in beeldryke
    metafore wat
    rigting gee
    aan ons
    dink
    en
    doen
    met die hart
    se passie
    en ons
    straatdigters-brein

    © Teàrlach
    Waar die digter die sosiale gewete betree, is dit selfindrukke wat uiting vind in sy woorde, eerder as ‘n vingerwysing na sy medemens. Elke gedagte word in woordbeelde en metafore uitgebeeld om die leser te laat dink, en sy eie opinie te kan vorm oor die gedagtes van ‘n man.
    Charles Skeen.

    AntwoordVee uit