Maandag 14 November 2016

idée’ fixe

teenoor nederigheid
staan daar beterwete(r)
so waar as wat die son elke dag
in die ooste opkom en wes gaan rus
so waar verkondig iemand teen
sy beterwete – beterweters
is maar ongemaklike
mense
selfs
as
alles
daarop
dui dat hulle
verkeerd is
kan hulle
dit nie
aanvaar
persoonlikhede
verskil en die adamante
onkonstante uitbasuin
van dwaashede
word dikwels
gekoppel
aan
die
idée’ fixe

©Teárlach

(..dit is ‘n “fixe” by hom dat sy kollegas almal teen hom is, en dat hy vroeg gaan sterf...)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking