Maandag 14 November 2016

troebadoer

laeveld troebadoer
laeveld troebadoer
jy met martini-henry se roer
is mos voorslag-jagter en ‘n boer

velskoen troebadoer
velskoen troebadoer
galop  deur mopanieveld so ruig
rooibokram agterop saal getuig

vader troebadoer
vader troebadoer
help nou seun lig hom af hang hom op
hak sy skene vas teen vloer sy kop

seuntjie troebadoer
seuntjie troebadoer
slyp lem ou seun vlymskerp moet dit wees
eers naatjie van nek tot by knaters

suster troebadoer
suster troebadoer
netjies inpak sus gooi growwesout
peperkorrels bruinsuiker asyn

moeder troebadoer
moeder troebadoer
mooi skoonmaak mense vanaand eet ons
vars rooiboklewer uie en room

© Teárlach. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking