Maandag 14 November 2016

van vissery

vroeg oggend stap ek op die strand
laag sukkel son om oor horison te kom
enkel meeu versier die vlak waters
vang klein slakkies in laagwater se dein
af en toe waai wind onwelriekende reuk
wat oor my spoel soos modder water
dan probeer ek nie diep asem haal nie
droë stink reuk van gebrande vis bly sit;
diep in my hart weet ek egter ook
solank daar rook trek was daar vis
solank daar vis is, sal vissers werk hê
solank vissers werk het bestaan
al hierdie gemeenskappe aan ons kus
van vis na rook na werk na voorspoed


©Teárlach


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking