Maandag 14 November 2016

simson van die see

my hart kry seer oor die see
na ure se stormagtige wind
spoel miljoene gesneuwelde
werwelloses op die sand uit

ek sweef oor die waterweë
waar wit perde-koppe gallop
aanjaag na spierwit strande
met swaar drag van skulpe

ek sien en voel jou onrus
o simson van die see-trog
waar jy opgewonde kweel
tussen styg en val van golf

jou hartslag verhaas in my
asemteue van jou soutreuk
maak dat my siel saam reis
in diepe empatie met elegie


©Teárlach

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking