Maandag 14 November 2016

van ‘n wa

die ou wa staan daar onder die grasdak
vir jare al word dit veilig  daar gestoor
netjies skoongemaak en geverf
staan die ou transportwa
die trots van sy baas
maar toe baas
asem uitblaas
word die wa uitgestoot
om plek te maak vir motor
van staal en blik wat blink
vir jare staan wa toe en roes
verweer sy hout met rysmiere
wat gulsig daaraan vreet
toe agterkleinseun kom
is daar net staal ringe
en vrag ysterboute
op ‘n hoop oor
so het ook
my volk
se kultuur
verweer
met
argelose
nuwe wêreld
waardes
wat rysmier
daaraan
tot ‘n
verslaafde
dwelm – ashoop


©Teárlach


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking