boeta sy’s ‘n perskeblom
kon ons maar haar geur
bepaal
sou sy ook rosevy van
geur wees
huppel – trippelstappie
op strand
uitbundige lewenslus
vergestalt
besing kan ek haar
skoonheid
maar dan sou dit dalk
alles bederf
liewers in stilte geniet
wat geskep is
om te geniet met die oog
sonder sonde
bedink ek soms hierdie
gedagtes
hoekom is mooi so
aantreklik
mooi is tog nie vir
almal mooi
geniet maar jou mooi ou
vriend
lente-bloeisels aan
perskebome
doudruppels op blare van
bome
geur van
katjiepiering blomme
vars soutreuk van ‘n
wilde see
mooi is vir jou gegee op
skinkbord
moet dit nie wegwys of
ignoreer
misbruik of dit dalk
verhandel
geniet net want dit voed
die siel
©Teárlach
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking