Maandag 14 November 2016

houtpop

die snaakste dinge spoel uit
hier op ons strand spoel daar soms
walvisse en ander dooie seediere uit
hier in een baai lê daar ‘n baie groot band
moet ‘n baie groot werktuig se buiteband wees
behalwe die triljoene skulpe en werwelloses
spoel daar ook soms stukkende klere
baie plastiek houers vanaf skepe
en so gereeld besoedelde goed
dat ons gereeld strande moet
gaan opruim van dinge
vanuit die see eerder
as vanaf die land
so spoel daar
ook eendag
houtpop
uit
marinet
sonder oë
en sonder stem
net met verdwaasde
uitdrukking op sy
gesig wat vra
nee ek weet
nou nie
meer;
wat
het
jy
met
die
skip

gedoen...

©Teárlach


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking