My "Facebook" Gedigte

vrye keuse
hoe lank nog, my kind gaan jy wag
telkens wegskram van jou roeping

verskonings genereer om uit te stel
redes soek om verskonings te maak
so gaan lewe spoedig by jou verby
tussen veelvuldige verskonings soek
en redes soek waarom nie nou nie
word jou uitstel later finaal afstel
jou soeke, my kind na geluk en rykdom
sal jou nooit ten volle gelukkig kan maak
die gevoel van iets binne jou wat jy mis
sal nooit weg gaan voor jy Hom nie vind
©Teárlach
“En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—“

Ander Gedigte




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking