Maandag 14 November 2016

Ontwaking

Die eb en vloei van inkomende gedagtes
Vloeiend soos oggend brandertjies spoelend oor die gruis belaaide sand
Van my ontwakende geheue patrone spoelend sag dog verm
Oor die gebied van skadu gevulde strand van verwelkte slaap

Die goue soom van skuim rasend voor aan die vloed
Reikend uit na voorheen hoogste merk
Om net weer weg te sak in sagte sand van herrinneringe
Gevolg deur nuwe vloei met dryf en krag
Sonstrale oor die strand van golwings so sag

Die saamdra van ontelbare organismes soekend na `n leefkans
Soekend, soekend na die roem van onuitwisbare leefkans
In die voue van my geheue some
Reikend na die drome
Komend uit die nag se skans
Maak merke in die sand
van sonbedekte oggend strand

Dan my nuwe dag.


©Teárlach

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking