Maandag 14 November 2016

oeroue roep

koelte sak toe oor die weskus
donker wolke trek saggies oor
spoedig val die eerste druppel

vroeg al kordaat fisante vandag
heerlike verfrissende reën geval
nou gaan fynbos en vygies blom

selfs die ergste wind het gedraai
tolbosse lê verslae alleen en tuur
gemoedelik grom-brom kransduif

net geoefende oor kan dit hoor
waar elke plantjie vroetel-groei
mooi kyk vir kleure wat verskyn

so herstel seën ook dié mense
se siele wat verdorde blare wys


©Teárlach

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking