tyd en ewigheid
saggies suisende wind oor duine
praat van winter wat begin taan
helder kleurige tapyt van blomme
wat pragtig oopsprei in warm son
maar weer skemeraand toe maak
sussende vrede in natuur se ritme
in ewige getye van eb en vloei
sus branders my gemoed kalm
elke seemeeu se helder geluid
brind vrede en rus vir my siel
so geduldig wag alles in natuur
op elke nuwe wending wat kom
onbewus van enige bedreiging
op die natuur se voortbestaan
gaan lewe ge-organiseerd aan
kernbesoedeling of chemiese gif
wat dier, vis en voël dood laat
word sag aanvaar as lewensloop
net die eensame roep van ‘n meeu
na sy maat wat nie meer bestaan
laat nostalgiese herinneringe hang
besoedelde lug wat hemelruim vul
onder kruip krappies terug in skulp
wat skielik nie meer krag vertoon
sit hy eensaam op sy duin en sug
ewige lament saggies uit in woorde
wat seermaak sover dit op windjie
trek wat deur sproei van branders
verenig word met blou see en lug
van wêreld in smart en barenspyn
©Teárlach
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking