gelukkig
wat maak jou gelukkig
die doudruppel wat vroeg
aan die blom stingel hang
die gedruis van golwe
wat jou dagbreek
wakker maak
wat maak jou gelukkig
fisant wat ‘n nuwe dag
oopbreek met sy gesang
die sonstrale by dagbreek
wat jou kamer venster
binne kom en verlig
wat maak jou gelukkig
die klokkie wals wat jou
opbeur
of elizabeth serenade se
sleur
dalk vrolike mars musiek
wat jou are laat druis
of net sagte melodie
wat maak jou gelukkig
kinderstemme wat vrolik
die huis in beweging bring
en hier en daar soms
die lag met ‘n traan
wat nooit vergaan
wat maak jou gelukkig
ou vriendskap wat herontdek
jou verlede weer in vreugde
oopvlek
die glimlag van jou
wederhelf
wat net julle regtig
verstaan
of jou eerste handevat
wat maak jou gelukkig
daar is so baie om op te
noem
dankbaarheid oor jy nog kan
leef
om te kan lag oor jouself
om saam te kan doen
en om te versoen
©Teárlach