mooi
deur die mistige
oggendlug
verskyn daar grys
gestaltes
gestaltes van mense
omring
met wasige auras van
vaag
geluide versag deur
mistigheid
sluip saggies deur vlae
van grys
skerp geskreeu van meeu
mistiek
gesmoor in parodie van
geluide
iewers in hierdie toneel
sweef
daar siele van mense soekend
swerwende gedagtes wat
kerm
van geeste wat nie
rusplek vind
op my duin sit ek rustig
en kyk
waai hele hoofstukke oor
my kop
van gebeure lank geleë
wat vra
om antwoorde wat dit nie
vind
spoedig waai seelug
mistigheid
in wasige krulle weg oor
duine
waaruit mooi getrou weer
kom
genade spoel in dankbaarheid
©Teárlach